2 maande gelede
Dolly Parton help in Covid-stryd
dolly parton, ageing
Dolly Parton  ~ Axelle/Bauer-Griffin/FilmMagic)

DIE country-legende Dolly Parton se ruim skenking vir entstofnavorsing het 'n belangrike rol in die stryd teen Covid-19 gespeel, het Amerikaanse navorsers gesê.

Parton het in April $1 miljoen aan die Vanderbilt University Medical Center (VUMC) in Nashville geskenk. Die instelling was een van die trial sites vir die ontwikkeling van die Moderna-entstof wat sowat 95% effektief is.

John Howser, 'n woordvoerder van VUMC, sê Parton se skenking help met verskeie belowende navorsingsinisiatiewe.

'n Gedeelte van die sanger se geld het gegaan aan befondsing vir 'n vroeë proeflopie van die Moderna-entstof, verduidelik Howser. 

Haar skenking ondersteun ook navorsing oor herstellende plasma en teenliggaam-terapie. Herstellende plasma word gebruik in die behandeling van mense met Covid-19.

"Fondse van Dolly se skenking ondersteun ook baie belowende navorsing oor monoklonale teenliggaampies wat as tydelike entstof vir Covid-19 dien. Twee van die teenliggaampies word nou deur 'n wêreldbekende farmaseutiese maatskappy getoets," sê Howser.  - BBC


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters