3 maande gelede
Dok in die sop
surgery
Anna Shvets from Pexels  ~ Anna Shvets from Pexels

’N PLASTIESE chirurg van Kalifornië is in die moeilikheid nadat hy ’n virtuele hofsessie bygewoon het terwyl hy op ’n pasiënt opereer.

Dr. Scott Green het Donderdag via Zoom ’n hofsitting bygewoon vir ’n verkeersoortreding, berig die BBC.

Die hofsaak is vir­tueel aangehoor weens die corona-virus-pandemie.

’n Video wys Green is steeds in teaterklere toe hy hom aanmeld vir die hofsessie.

Bevraagteken

Die hofklerk vra: “Is jy beskikbaar vir die hofsaak? Dit lyk asof jy in ’n operasiesaal is.”

Green bevestig toe dat hy inderdaad besig is met ’n operasie, maar hy is wel beskikbaar vir die hofsaak.

Hy voeg so ewe by: “Gaan gerus voort.”

Toe die landdros die gepastheid daarvan bevraagteken, antwoord Green dat daar nog ’n chirurg by hom is wat darem met die operasie help. – NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters