6 dae gelede
Dodetal styg ná skietery in NZ
Police and ambulance staff help a wounded man from
Die polisie en ambulanspersoneel help mense wat in die aanvalle gewond is.  ~ Mark Baker, AP

DIE dodetal ná Vrydag se "tereuraanvalle" op twee moskees in Christchurch in Nieu-Seeland het tot 49 gestyg.

41 mense is by die Al Noor-moskee doodgeskiet, sewe by die Linwood-moskee terwyl een in die hospitaal gesterf het. Meer as 40 mense is in die aanvalle beseer.

Mike Bush, Nieu-Seeland se polisiekommissaris, sê een man (in sy laat 20’s) is van moord aangekla.

Bush sê die polisie het “baie vuurwapens” op die twee misdaadtonele gekry.

Hy sê nie een van die vier mense, wat in verband met die skietvoorvalle gearresteer is, was op hul terror watch list nie.

Jacinda Ardem, Nieu-Seeland se eerste minister, het vroeër gesê die aanvalle is “ongekend” in die land.

Ardem sê dit wil voorkom of die "tereuraanvalle" goed beplan is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters