3 maande gelede
Demokrate beplan om Trump te verwyder
Pres. Donald Trump  ~ Argief

DEMOKRATE in die Amerikaanse kongres het met die proses begin om pres. Donald Trump vir 'n tweede keer in 'n staat van beskuldiging te plaas.

Die resolusie om die visepresident Mike Pence te oorreed om die 25ste wysiging van die Amerikaanse grondwet toe te pas om Trump uit sy amp te verwyder, gaan heel moontlik misluk. Die Demokrate beplan dan om Woensdag in die huis van verteenwoordigers te stem om Trump in 'n staat van beskuldiging te plaas.

Pogings om Trump uit sy amp te verwyder kom nadat sy ondersteuners verlede week die Kongresgebou bestorm het.

David Cicilline, 'n kongreslid, sê dit was 'n poging tot staatsgreep.

"Ons as Kongres het 'n verantwoordelikheid om daarop te reageer. Ons het 'n spesifieke verantwoordelikheid om almal wat op enige manier betrokke was - van die president af ondertoe - verantwoordelik te hou," sê Cicilline.

Trump is in Desember 2019 die eerste keer in 'n staat van beskuldiging geplaas. Hy is daarna deur die senaat vrygespreek.

Trump se opvolger, Joe Biden, word op 20 Januarie ingehuldig. - AFP


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters