Verlede maand
Clinton steeds in hospitaal, sterk goed aan
Bill Clinton
Bill Clinton  ~ AFP

DIE voormalige Amerikaanse president Bill Clinton sal nóg ’n nag in ’n hospitaal in Kalifornië deurbring om behandel te word vir ’n infeksie.

Clinton (75), wat die Verenigde State van 1993 tot 2001 gelei het, is Dinsdagaand in die UCI Mediese Sentrum in Irvine, suid van Los Angeles, opgeneem met ’n nie-Covid-verwante bloedinfeksie.

Sy, woordvoerder, Angel Urena, het op Twitter gesê dat Clinton oornag in die hospitaal sal bly om voort te gaan om IV-antibiotika te ontvang voor ’n verwagte ontslag môre.

“Clinton is in ’n goeie gemoed en het tyd saam met die gesin deurgebring, tyd met vriende ingehaal en na universiteitsvoetbal gekyk,” het Urena getwiet.

Die New York Times, het ’n hulp aangehaal en berig dat die voormalige president ’n urienweginfeksie ontwikkel het wat in sepsis verander het.

Volgens die Centers for Disease Control and Prevention is sepsis ’n uiterste liggaamlike reaksie op infeksie wat elke jaar 1,7 miljoen mense in Amerika raak, .

Dit eis elke jaar 270 000 van die besmette persone.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters