3 maande gelede
Britte kry dalk corona-pas
’n Britse shopper  ~ Wikimedia

BRITTANJE wil ’n “immuniteit-paspoorte” uitreik aan mense wat Covid-19 opgedoen en herstel het. Hulle sal dan die lockdown vroeër kan verlaat.

Die Britse minister van gesondheid, Matt Hancock, sê dit sal uitgereik word aan mense wat immuniteit opgebou het teen die virus. Hulle sal dan kan terugkeer na ’n “normale lewe”.

Burgers sal positief moet toets vir teenliggaampies voordat die sertifikate aan hulle uitgereik word. Maar die Britte moet eers nog ’n betroubare toets vind vir die virus se teenliggaampies. – Business Insider

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters