Verlede maand
Britse leier stoei
Boris Johnson  ~ Getty Images

AL IS jy die invloedrykste mens in die hele wêreld, is daar niks wat jy daaraan kan doen wanneer jy ’n slegte dag ervaar nie. As jy bekend is, weet die hele wêreld ook wanneer jy ’n slegte dag beleef.

As gevolg van die so­siale media kon die hele wêreld Boris Johnson, die Britse eerste minister, se sambreel-blaps aanskou.

Gesukkel

Hy was onlangs by ’n begrafnis vir polisie­lede. Hy het sy sambreel probeer oopmaak, maar vergeefs.

Sky News het ’n video van sy gesukkel in die sosiale media gepost waarop ’n mens kan sien hoe arme Boris met sy sambreel stoei.

Toe dit uiteindelik oopgaan, was dit onderstebo! Prins Charles het dit baie amuserend gevind. So ook die beamptes wat langs hulle was.

Almal het op die ou einde lekker gelag.

Sosialemedia-gebruikers het dit ook baie snaaks gevind. – NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters