2 maande gelede
Boris vra Britte om tuis te bly
britain
Britse premier Boris Johnson het die publiek Vrydag versoek om die nasionale lockdown te gehoorsaam  ~ Tolga Akmen/Pool via REUTERS/File Photo

DIE Britse premier, Boris Johnson, het die Britse publiek Vrydag versoek om die nasionale lockdown te gehoorsaam, aangesien sterftes weens die corona-virus sterk toegeneem het, hoewel die nuwe besmettings vandeesweek gedaal het.

"Dink asseblief regtig twee keer voordat jy die naweek die huis verlaat en doen dit net as dit absoluut noodsaaklik is," sê Johnson in 'n video op Twitter.

Sy pleidooi kom nadat die regering se syfers getoon het sterftes binne 28 dae ná 'n positiewe virustoets het die afgelope week met bykans 'n derde gestyg. Dit het die dodetal op 87 295 te staan gebring – die hoogste in Europa.

Gesondheidsbeamptes het Vrydag nóg 1 280 sterfgevalle bevestig.

Terwyl infeksies nou 3,3 miljoen oortref, met nog 55 761 wat Vrydag aangeteken is, het nuwe gevalle die afgelope week met byna 14% gedaal.

Die hele Brittanje is onder ’n streng lockdown en mense is veronderstel om tuis te bly, behalwe vir toelaatbare redes soos werk, kindersorg en oefening.

Beamptes meen die streng reëls het tot die daling in besmettings gelei, maar gee toe ’n tyd moet nog verloop voordat die syfers vir hospitaliserings en sterftes ook sal daal.

In 'n poging om die kwesbaarste mense teen Covid-19 te immuniseer, stel Brittanje sy program nou vinnig in werking.

Brittanje het tot dusver meer as 3 miljoen mense ingeënt as deel van sy poging om die vier kwesbaarste groepe teen die middle van Februarie te immuniseer, en elke volwassene teen die Europese herfs. 

"Naald vir naald sal ons hierdie stryd teen Covid wen," sê Johnson en belowe dié “buitengewone nasionale poging gaan net versnel”. -Jacarandafm 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters