2 maande gelede
Boot ’n na-aper
Die Ever Given wat in die Suez-kanaal vasgesit het.  ~ Maxar Technologies.

’N BOOT in Florida was seker jaloers oor al die aandag wat die reusevragskip gekry het wat in Egipte se Suez­kanaal vasgesit het.

Die 11,5 m lange pienk-en-wit boot het laas Donderdagaand op ’n snelweg naby Crestview beland en verkeer ure lank opgehou, berig NWF Daily News.

Die ongeluk het gebeur toe die treiler waarmee ’n 64-jarige man van Pensacola die vaartuig weswaarts gesleep het, heen en weer begin slinger en teen die reling gebots het.

Die Crestview-brandweer het op Facebook gedeel niemand is beseer nie.

Florida se snelwegpatrollie het gewikkel om die boot tjop-tjop te verwyder.

Dis g’n verrassing dat baie Twitter-gebruikers hul opinie oor dié voorval gedeel het nie – veral omdat dit soveel herinner aan die lot van die vragskip Ever Given in die Suez­kanaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters