3 maande gelede
Bokser bring bottels booze
Die brak wat die wyn aandra.  ~ Foto Verskaf

’N WYNMAKERY in Maryland, Amerika, kom die maatreëls vir social distancing na met ’n brak wat hulle wyn sypaadjie toe dra.

Die Stone House Urban Winery in Hagerstown het dié afleweringsdiens deur Soda Pup, ’n 11-jarige bokserhond, ingestel om werkers en klante tydens die Covid-19-pandemie veilig te hou.

Lori Yata, Soda Pup se baas en mede-eienaar van die wynhuis, sê die brak dra net twee bottels wyn op ’n slag. ’n Lockdown is egter nou ingestel, so Soda Pup kan weer rus. UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters