Verlede maand
Bok speel Uber
s­Foto:  ~ 

TOE ’n moeë apie die geleentheid sien om ’n ride te hitch, het hy dit letterlik aangegryp.

’n Skreeusnaakse video wys hoe hy op ’n niksvermoedende bokkie se rug spring vir ’n kort rit.

’n Trop apies het ’n entjie verder langs die pad gesit. Toe kry een wat ’n hele entjie weg van hulle gestaan het, ’n slim plan om daar te kom.

Hy spring op ’n verbygaande bok en maak hom gemaklik – hy klim nie eens af as die bok stop om te eet nie.

Susanta Nanda, ’n beampte wat by Indië se bosdienste werk, het die video Maandag gedeel. – NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters