10 maande gelede
Biden en Harris: Amerika se nuwe begin
joe biden,kamala harris
Pres. Joe Biden van Amerika en visepres. Kamala Harris.  ~ Reuters

'N NUWE era om 'n verdeelde Amerika te verenig het Woensdag in Washington DC begin.

Joe Biden en Kamala Harris is onderskeidelik as die president en visepresident van die Verenigde State van Amerika ingehuldig.

Biden is die VSA se 46ste president.

Soos verwag was sy voorganger, Donald Trump, nie by die inhuldiging nie, maar wel sy adjunk Mike Pence.

In sy toespraak het Biden gesê: "Dit is Amerika se dag, demokrasie se dag, 'n dag van geskiedenis en hoop.

"Die wil van die mense is gehoor en ons het weer besef hoe waardevol demokrasie is."

Biden het sy voorgangers ook bedank en slegs oudpres. Jimmy Carter, wie nie teenwoordig kon wees nie, by die naam bedank. Wel teenwoordig was oudpress. Barack Obama, George Bush en Bill Clinton.

Biden sê hy het 'n eed afgelê en beloof om 'n president vir alle Amerikaners te wees.

"Dis 'n groot nasie en ons is goeie mense. Ons kom 'n lang pad en het nog 'n lang pad om te gaan. Daar lê baie werk voor." 

Die nuwe president het ook beklemtoon dat eenheid belangrik is vir die land en dat almal saam moet staan.

Biden het ook na die corona-virus verwys en sê dit kan oorwin word.

Hy het ook na die 6 Januarie gebeure by Capitol Hill verwys, waar vyf mense dood is.

"Amerika is getoets en sal deur die slegte tye kom. Ons moet die burgeroorlog stop en luister na mekaar."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters