3 maande gelede
Bergie weer tuis
Joao Coelho Guimaraes
Joao Coelho Guimaraes  ~ Instagram

’N BERGIE in Brasilië is met sy familie herenig nadat ’n foto van hom viral gegaan het.

Ná ’n dekade op straat het Joao Coelho Guimaraes sy ma en suster weer gesien.

Sy familie het gedink hy’s dood, maar herken hom toe in ’n foto op Instagram. Alessandro Lobo, wat ’n mansklere- en barbierwinkel het, het die foto geplaas.

Lobo het Guimaraes kos aangebied, maar dié wou eerder hê hy moes sy baard trim.

Lobo het sommer sy baard, snor en hare geknip en vir hom nuwe klere gegee.

“Ons wou hom op ’n ander manier help,” het Lobo verduidelik. – NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters