2 maande gelede
Bejaarde egpaar gee tips
dfdf
Dié egpaar is al 72 jaar getroud.  ~ Instagram / Humans of Bombay

MAAK net soms of jy 'n bietjie doof en dom is.

Dít is 'n egpaar, wat al 72 jaar getroud is, se raad vir 'n suksesvolle verhouding en huwelik.

Die 90-jarige vrou en 101-jarige man sê in 'n Instagram-video op Humans of Bombay se rekening dit is ook belangrik om minstens een maaltyd per dag saam te geniet.

"Maak nie saak wat nie, hou ook altyd mekaar se hande vas en wees die eerste een om jammer te sê," is van die ander raad wat hulle gedeel het.

"Somtyds moet jy ook maak of jy bietjie doof en 'n bietjie dom is."

Die video het al meer as 400 000 likes op Instagram gekry. - NDTV


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters