2 maande gelede
Bandiet smokkel tik ‘under the hood’
male underwear
’n Man is in hegtenis geneem omdat hy na bewering dwelms in sy penis weggesteek het.  ~ 

’N SKOKONTDEKKING het gevangenes in ’n Amerikaanse tronk met baie vrae gelaat nadat ’n bandiet dwelms in sy penis weggesteek het. 

International Business Times berig ’n meervoudige dwelmoortreder in Orange County, Amerika, is in Mei aangekla nadat die polisie uitgevind het dat hy metamfetamien onder sy voorvel wegsteek.

Die publikasie het berig dat die man op 13 Mei in die tronk in Orange County aangehou is nadat hy met ’n ongeldige rybewys bestuur het.

Die bewaarder wat die man se strip search gedoen het, het ontdek dat die verdagte vier rocks tik in sy penis wegsteek. 

Luidens die berig het ’n toets van die kristalle bevestig dat dit metamfetamien is.

Ná die ontdekking is die man aangekla van die besit van metamfetamien en die inbring van smokkelware in ’n korrektiewe instelling. – Daily Sun

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters