2 maande gelede
Antie (68) vir eerste keer ma
'n Antie het op 68 vir die eerste keer ma geword.  ~ Facebook

’N NIGERIESE hospitaal het aangekondig ’n antie (68) het twins gehad danksy in vitro-bevrugting.

Die Lagos-Universiteit se Akademiese Hospitaal het gesê Margaret Adenuga het ná ’n swangerskap van 37 weke met ’n keisersnee die lewe aan ’n seun en dogter geskenk.

Die hospitaal sê die babas is op 14 April gebore, maar hulle wou wag met die nuus sodat die ma en babas eers kon aansterk.

Margaret se man, Noah (77), sê hulle is in 1974 getroud en wou altyd kids hê, maar drie vorige IVF-pogings het misluk.

Dr. Adeyemi Okunowo het die bejaarde ma se bevalling waargeneem. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters