2 maande gelede
Amerika se sterftes steek 250 000 verby
Coronavirus. COVID-19. 3D Render
Amerika gaan gebuk onder die corona-virus.  ~ Getty Images

AMERIKA se dodetal weens die corona-virus het Woensdag tot meer as 250 000 gestyg.

New York het nou besluit om alle openbare skole te sluit en van Donderdag af met tuisonderrig te begin. Dit kom nadat ander skooldistrikte soos Boston en Detroit ook reeds persoonlike onderrig gestaak het. 

Ander skooldistrikte soos Clark County en Philadelphia het ook planne uitgestel om na die klaskamer terug te keer.

Tim Walz, goewerneur van Minnesota, het ook beveel dat restaurante, kroeë, fiksheidsentrums gesluit word en alle jeugsports vir vier weke gekanselleer word.

Walz sê meer as 90% van beddens by hospitale se waakeenhede is reed vol en "ons is by 'n gevaarlike punt van die pandemie".

Meer as 11,5 miljoen infeksies is al in Amerika aangeteken. - Reuters


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters