Verlede maand
8 dood in skietery by Russiese skool
russian school
Minstens 8 kinders en een onnie is in die skietvoorval dood.  ~ Getty Images

SEWE kinders en 'n onderwyser is in 'n skietery by 'n skool in die Russiese stad Kazan dood.

Luidens berigte is meer as 20 ander mense, meestal kinders, ook gewond. 'n 19-jarige verdagte is in verband met die voorval gearresteer.

BBC News berig die aanval het sowat 820km oos van Moskou in die republiek van Tatarstan plaasgevind.

Mikhail Mishustin, die eerste minister, het die voorval as 'n reuse tragedie beskryf.

"Ons is diep seer dat so iets gebeur het," het hy gesê.

Vladimir Putin, Russiese president, het ná die voorval vir strenger vuurwapenwette gevra.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters