13 dae gelede
24 dood toe bus by krans afval
Tunisia
24 mense is dood in 'n bustragedie in Tunisië.  ~ iStock

MINSTENS 24 mense is in Tunisië dood en 18 ander beseer toe 'n bus in die noorde van die land vanaf 'n krans by 'n bergkloof afgedompel het.

Die slagoffers is tussen die ouderdom van 20 en 30.

Tunisië se departement van toerisme sê die bus was vanaf die hoofstad Tunis oppad na Ain Draham, 'n gewilde toeristebestemming vir Tunisiërs naby die Algeriese-grens.

Die bus het deur die Ain Snoussi-streek gery toe dit by die krans afgedompel het. 

Forensiese kundiges wat die ongeluk ondersoek, sê dit was nie onmiddellik duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie.

Rene Trabelsi, Tunisië se minister van toerisme, het aan die radiostasie Mosaique FM gesê die tragiese ongeluk het in 'n moeilike area plaasgevind.

Nog 'n regeringsamptenaar het aan 'n televisiestasie gesê daar was al voorheen dodelike ongelukke op dieselfde plek. - AP
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters