Verlede maand
WKOD tel nog Covid gevalle by skole
covid19,skoolbord
WKOD het talle riglyne in plek vir skole. Foto: Jonathan Lestrade  ~ 

DIE Wes-Kaapse onderwysdepartement weet nog nie hoeveel onnies, weens Covid-19, nie by die skool is nie.

Kerry Mauchline, woordvoerder vir die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schafer, sê hulle is nog in die proses om inligting te bevestig.

"Daar is 'n groot hoeveelheid navrae wat die departement kry en ongegronde beweringe in die media en op ander platforms van Covid-19 by skole.

"Ons prioriteit bly akkuraatheid en die beste belang van ons onderwysers en leerders," voeg sy by.

Son het Donderdagmiddag aan Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, gevra of daar met gevalle van skoolpersoneel wie nou positief toets enige kommer is.

Hierop sê Winde: "Ek dink dit is vier, as ek korrek is.

"Skole is obviously nog nie oop nie en die departement het 'n goeie protokol van wat moet gebeur, ek self het dit gister (Woensdag) gelees."

Hy voeg by: "Soos in retail, hospitale en polisiestasies sal daar in skole wees soos ons getalle groei. Jy moet weet hoe om die sake te hanteer."

Son wou ook weet of 'n lys van die skole wie se personeel positief getoets het aan die publiek beskikbaar gemaak sal word.

Winde sê: "Ek is nie heeltemal seker of ons 'n lys sal hê met skole wat infeksies het nie. Dit is iets wat die Wes-Kaapse onderwysdepartement moet sê."

Mauchline noem slegs: "Die minister is gereeld in gesprek met die premier oor onderwys-sake."

Sy voeg by dat enige gevalle wat by die departement aangemeld is onderhewig is aan veiligheidsmaatreëls.

"Dit sluit in die identifisering van direkte kontakte, sanitizing van die betrokke gebiede op die skool en ondersteuning aan personeel wie geraak word."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters