24 dae gelede
WK inentings nou by 53 sites
measles
Die Wes-Kaapse regering sê die getal inentingspersele in die provinsie sal vanaf Maandag na 53 toeneem  ~ iStock

Die Wes-Kaapse regering sê die getal inentingspersele in die provinsie sal vanaf Maandag na 53 toeneem, met nog meer wat beplan word.

Dit is deel van die provinsiale regering se uitbreidingsbenadering waarvolgens hy gereeld meer persele op die been wil bring, aangesien hy besig is om die toediening van die aantal daaglikse inentings aansienlik te verhoog.

Die departement van gesondheid sal nog 23 openbare inentingspersele in bedryf stel. Dit sal die getal openbare inentingspersele op 42 te staan  bring.

Die private sektor sal vanaf Maandag 11 werkende persele in gebruik hê, en Mediclinic sal 4 addisionele persele in bedryf stel.

Uitreikings na ouetehuise in die Stad Kaapstad gaan voort en uitreikveldtogte na ouetehuise in die munisipaliteite buite die metro begin ook nou. Die eerste ses openbare inentingspersele in landelike distrikte word ook Maandag geopen. – SABCNuus

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters