Verlede maand
Wits besig met 2de fase van toetse vir entstof
A laboratory worker places a test tube containing
Suid-Afrika neem deel aan 'n wêreldwye program om 'n entstof vir Covid-19 te ontwikkel.  ~ 

DIE Universiteit van Witwatersrand (Wits) het Maandag begin met die siftingsproses van deelnemers vir die tweede ronde van toetse vir 'n Covid-19-entstof.

Prof. Shabir Madhi, 'n entstofkundige by Wits, is aan die stuur van die toetse in Suid-Afrika.

"Om deel te neem aan die ontwikkeling van entstowwe sal help om vir Suid-Afrikaners te bepleit om onder die eerstes te wees om toegang daarvoor te kry wanneer dit beskikbaar is," sê Mahdi in 'n verklaring.

Die toetse in Suid-Afrika vorm deel van 'n groter wêreldwye program.

Die Bill & Melinda Gates-stigting het $15 miljoen aan Novavax, die maatskappy wat die enstof ontwikkel, toegeken.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters