Verlede maand
WGO sê Covax kry welkome inspuiting
In this photo illustration, a hand holding a medic
Covax verwag binne die volgende paar weke 250 miljoen dosisse.  ~ Getty Images

DIE Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Woensdag gesê die Covax-entstofprogram verwag om 250 miljoen Covid-19-entstofdosisse in die volgende ses tot agt weke te ontvang. 

Die toevloei van dosisse is ’n groot hupstoot vir die skema, wat daarop gemik is om te verseker dat armer lande toegang tot entstowwe het.  

Sover is reeds 152 miljoen dosisse entstof aan 137 deelnemende lande gelewer. 

Die WGO het Woensdag gesê daar is in ’n onlangse vergadering van die Verenigde Nasies se krisisbestuurspan gemeld dat daar verhoogde skenkings van entstowwe aan die Covax-fasiliteit sal wees. 

Onder Covax kan die 92 armste lande gratis toegang tot entstowwe hê. Skenkers dek die koste. -Jacaranda FM 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters