7 dae gelede
Wes-Kaap voor die curve
A laboratory worker places a test tube containing
A laboratory worker places a test tube containing a patients sample into a box during coronavirus detection tests in the virology research labs at UZ Leuven university hospital in Leuven, Belgium, on Friday, Feb. 28, 2020. China has kick-started a clinical trial to speedily test a drug for the novel coronavirus infection as the nation rushes therapies for those afflicted and scours for vaccines to protect the rest. Photographer: Geert Vanden Wijngaert/Bloomberg via Getty Images,Ê°ìps?ÓÉe  ~ 

DAAR is niks uniek in die toename in Covid-19 gevalle in Wes-Kaap is nie. 

Die provinsie is eenvoudig net voor met wat ook in ander provinsies sal gebeur. 

Só sê die dr. Keith Cloete, die Wes-Kaapse hoof van gesondheid. 

Cloete het gister by ’n digitale perskonferensie gepraat oor die Wes-Kaap se posisie in die fight teen die Covid-19 pandemie. 

Volgens die premier van die provinsie, Alan Winde, wat ook by die konferensie gepraat het, het die Wes-Kaap klaar verby die 100 000 merk vir toetse gegaan. “Ons is ook verby 10 000 infeksies en die dodetal van 200. Sover het ons ook ons vyfde gesondheidswerker in die pandemie verloor.”

Altesaam 11 072 mense in die provinsie is reeds positief getoets en 211 Covid-19-verwante sterftes. 

Cloete sê sedert 14 April was daar ’n toename in local transmissions. 

“Die Wes-Kaap het niks anders as ander provinsies gedoen nie. Ons is net voor met wat ander provinsies nog gaan ondervind,” sê Cloete.

Hy noem die enigste verskil is dat die Wes-Kaap toetse by hotspots doen. 

Cloete sê ook die virus is aangevlam deur sekere winkels, law enforcment waaronder die polisie, die apteke, retirement homes en korrektiewe dienste. 

Die gemeenskappe wat steier onder die virus is die meeste in Khayalitsha, Tygerberg-distrik, metro-oos-distrik en Mitchells Plain. 

“Ja ons het ’n skerp toename in die Kaapse Metropool, maar dit is die nature van die virus.”

Cloete sê ondanks uitdagings soos die back log in toetsing in die private en openbare gesondheid is hul aktief besig om die verspreiding van die virus te probeer verminder deur verskeie ingrypings. 

“Ons kyk om die mees kwesbare eerste te laat toets. Hulle is die mense bo 65 en mense onder 55 met onderliggende gesondheidskwessies.”

Die departement van gesondheid is ook besig om genoegsame fasiliteite in te rig vir wanneer die meeste gevalle verwag word.

“Meer as 90% van mense met Covid-19 sal dit oorleef, maar ons gaan steeds ons gesondheidsfasiliteite versterk vir Covid-19 pasiënte en ander pasiënte. Ons beplan ook vir veldhospitale.” 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters