26 dae gelede
Werkers soek ook inentings
ONTEVREDE: Werkers ­konfronteer minister Zweli Mkhize.  ~ Vincent Lali / GroundUp

WERKERS in die gemeenskapsgesondheidsbedryf is moeg daarvoor om peanuts te verdien. Van dié werkers het ­dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Maandag tydens sy besoek aan die Lentegeur-hospitaal in Mitchells Plain met ’n memorandum vol versoeke voorgekeer.

Ntombethemba Maduna, voorsitter van die Suid-Afrikaanse versorgersforum, wou by die minister weet wat werkers met ’n toelae van R3 500 moet doen.

“Ons moet ons kinders skool toe stuur en huur betaal.”

Sy het ook genoem dat die minister weet dat gemeenskapswerkers permanent aangestel moet word.

Klagtes

Die werkers eis ook in hul ­memorandum dat hulle saam met verpleegsters en ander gesondheidswerkers teen ­Covid-19 ingeënt moet word.

Cynthia Tikwayo vertel: “Van ons kollegas het aan Covid-19 gesterf, maar dié oorledenes het niks gekry nie.”

News24 berig dat die minister die memorandum aanvaar het en ook genoem het dat hy die klagtes met die gesondheidskomitee sal bespreek.

“Ek hoor julle en julle sal ook ingeënt moet word,” het hy bevestig.

Intussen het dr. Saadiq ­Kariem van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement gesê: “Daar is prosesse wat gevolg moet word om die eise op die vlak van die bedingingsraad te kry.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters