9 dae gelede
Weinstein toets ook positief
Harvey Weinstein (PHOTO: Getty Images/Gallo Images
Harvey Weinstein  ~ Getty Images

DIE veroordeelde verkragter Harvey Weinstein het volgens die Amerikaanse media ook positief getoets vir die corona-virus, Covid-19.

Dié filmmagnaat is in Februarie tot 23 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op klagte van verkragting en seksuele aanranding.

Hy is daaraan skuldig bevind dat hy die voormalige aktrise Jessica Mann in 2013 verkrag het en dat hy 'n voormalige produksie-assistent, Mimi Haleyi, gedwing het om orale seks op hom te doen.

Weinstein (68) is verlede Woensdag na 'n tronk naby Buffalo, noordwes van New York City, oorgeplaas.

Hy was voor dit in die Rikers Island-tronk en 'n hospitaal in Manhattan waar hy van borspyn gekla het. - Channel24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters