Verlede maand
Wag eers met Ivermektien, sê SAMV
Ivermektien, ’n middel om parasiete in vee te beheer, is nog nie vir menslike gebruik goedgekeur nie.  ~ iStock

DIE mediese gemeenskap moet eers wag vir leiding van die Suid-Afrikaanse beheerraad vir gesondheidsprodukte (Sahpra) voordat hulle Ivermektien as Covid-19-behandeling gebruik.

So het die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) in 'n verklaring gewaarsku.

Die SAMV sê totdat Sahpra Ivermektien vir menslike gebruik goedkeur, kan dokters of ander gesondheidswerkers nie aanbeveel word om dit te gebruik nie. 

"Ons verstaan die desperasie vir 'n maklike en doeltreffende behandeling,"sê dr. Angelique Coetzee, die vereniging se voorsitter.

Coetzee sê ondanks die bohaai oor Ivermektien vir die voorkoming en behandeling van Covid-19, is daar nog geen klinklare kliniese bewyse daarvoor nie.

Voor enige medisyne in Suid-Afrika vervaardig of verkoop kan word, moet dit eers deur Sahpra goedgekeur word. Ivermektien, 'n antiparasitiese veemiddel, is nog nie vir menslike gebruik goedgekeur nie.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters