Verlede maand
VSA oorhandig Pfizer-entstof aan SA
pfizer
Mmamoloko Kubayi, waarnemende minister van gesondheid, saam met adjunkminister van gesondheid, ontvang dr. Joe Phaahla en sendinghoof by die Amerikaanse ambassade in Suid -Afrika.  ~ Verskaf

DIE eerste besending van 2,8 miljoen dosisse Pfizer-entstof wat deur die VSA geskenk is, het geland. 

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, het die aankoms van die entstof verwelkom. 

Kubayi en die adjunkminister van gesondheid, Joe Phaahla, het Saterdag by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe, van die waarnemende Amerikaanse ambassadeur, Todd Haskell, aangesluit.

Haskell het die besending aan die Suid-Afrikaanse regering oorhandig. 

“Namens ons regering en die mense van Suid-Afrika wil ons ons waardering oordra vir die skenking van die Amerikaanse regering onder leiding van pres. Joe Biden,” sê Kubayi-Ngubane. 

Die tweede besending, wat uit nog 2,8 miljoen dosisse bestaan, sal Dinsdag in Suid-Afrika aankom.     

Dit sal die totaal Pfizer-dosisse wat deur die VSA geskenk is, op 5,6 miljoen te staan bring.

Die entstowwe sal ook na ander lande op die vasteland versprei word. - Jacaranda FM 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters