Verlede maand
Oom in graf toe nie haar man
Vukile Noda
Vukile Noda (79) is op 22 Junie aan Covid-19 dood.  ~ Foto Verskaf

’N FAMILIE van Uitenhage moes binne vier dae twee begrafnisse reël nadat daar ontdek is hulle het die verkeerde mens begrawe.

Die verwarring het vermoedelik ontstaan omdat die liggame­ se naamkaartjies blykbaar in die Uitenhage-hospitaal omgeruil is.

Kragtens Covid-19-regulasies kon die weduwee nie haar man se lyk uitken nie.

Nomsa Noda (67) sê “Die hospitaal het geweier dat ek my man sien en nou het ek die verkeerde man begrawe.”

Die afgetrede verpleegster van dié einste hospitaal sê sy was geskok toe die begrafnisondernemer en haar pastoor haar laas Woensdag die nuus kom meedeel.

Haar man, Vukile Noda (79), het op 22 Junie weens Covid-19 gesterf.

Hy is ’n week tevore in die hospitaal opgeneem.

Affêre

Nadat mense van oor die land gereis het om hul laaste respek aan Vukile te kom betoon, het Nomsa uitgevind hulle het die verkeerde persoon begrawe.

“Ek het nie eens die krag om diegene wat by die begrafnis was en my dogter in te lig nie. Die tweede begrafnis was ’n klein affêre, want 80% van die mourners het reeds na hul blyplek vertrek.”

Zway Nyiki, eienaar van Nyiki Funeral Directors, het die voorval bevestig. Nyiki blameer die gesondheidsdepartement vir die chaos.

Die Oos-Kaapse departement van gesondheid het die voorval veroordeel.

’n Woordvoerder, Sizwe Kupelo, sê: “Dis onaanvaarbaar en betreurenswaardig.

Nalatigheid

“Beamptes moet mense altyd met integriteit en menslikheid dien. Ons veroordeel dié nalatigheid en daar moet gevolge wees.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters