Verlede maand
Voormalige ANC sekretaris verloor stryd teen virus
Jonton Snyman  ~ 

DIE VOORMALIGE streeksekretaris van die ANC in die Boland, Jonton Snyman het Vrydag ook sy stryd teen die gevreesde Covid-19 verloor.

'n Familiewoordvoerder, Sam Mkhiwane, het die nuus aan Son bevestig.

Mkhiwane sê Snyman was vir 44 dae lank in die hospitaal se ICU-eenheid, waar hy teen Covid-19 geveg het.

Snyman het egter op 5 Maart in die vroeë oggendure in die Worcester MediClinic aan die virus beswyk.

Die ANC in die Wes-Kaap het hul medelye uitgespreek.

"Daar is met hartseer en skok verneem van die heengaan van kameraad Jonton Snyman, weens Covid-19-komplikasies." 

"Die voormalige streeksekretaris van die party in die Boland en ANC jeugliga provinsiale tesourier het sy stryd teen die dodelike pandemie verloor,” lui die verklaring.

Dit lees verder: "Snyman was instrumenteel om 'n geloofaardige lidmaatskapstelsel te verseker, wat duisende lede van die ANC in die provinsie gesien het."

Snyman het as jeugaktivis in talle strukture van die jeugliga gedien.

Hy laat sy seun, pa en vyf susters agter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters