16 dae gelede
Vooma saam level-1
cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa  ~ 

SUID-AFRIKA se inentings koers is te stadig.

Sò het pres. Cyril Ramaphosa Donderdagaand aan die land gesê.

Dit ondanks die feit dat 8,6-miljoen mense ten volle ingeënt is.

Volgens die president sal die departement van gesondheid binnekort inentingsertifikate uitreik.

Ramaphosa sê: "Dit is inlyn en sal ooreenstem met internasionale maatreëls, wat veral belangrik sal wees vir mense wat wil reis en ook gebruik kan word om toegang te verkry by instellings waar bewys van inenting gevra word."

Ramaphosa sê hy weet mense verlang om weer na normaal terug te keer.

"Dit kan egter net gebeur sodra ons almal ingeënt is."

Dis om hierdie rede dat die regering vanaf 1 Oktober sy Vooma-inentingsprogram begin.

Die naweek-uitreikingsprogram is gemik op veral diegene wat nie weeksdae tyd het om ingeënt te word nie.

Ramaphosa het almal aangemoedig om gebruik te maak van die geleentheid.

"Jy kan met jou ID of enige vorm van identification by die inentingstasies instap, al het jy nie 'n afsprak gemaak nie," voeg hy by.

Volgens die president mik die regering om 70% van die bevolking teen die einde van die jaar in te ent.

"As ons dié doelwit bereik, skat die departement van gesondheid sal ons sowat 20 000 lewens red."

Ramaphosa noem dat die dood van familielede, vriende en kollegas is een van die moeilikste deel van die pandemie. 

Hy het ook aangekondig dat die land na vlak-1 beweeg met 'n verligting in regulasies, wat op 1 Oktober inwerking tree.

Dit volg nadat nuwe positiewe infeksies en Covid-19 verwante sterftes die afgelope paar weke aansienlik gedaal het. 

Onder die aangepaste regulasies is die curfew wat nou tussen middernag en 04:00 sal wees.

Byeenkomste is beperk tot 50% van die venue kapasiteit, met 'n maksimum van tot 750 vir binne en 2000 vir buite byeenkomste. Dit sluit in vir geestelike, sosiale, kulturele en politieke byeenkomste.

Die aantal persone wat by 'n begrafnis toegelaat word is 100 mense, maar nagwake en 'after-tears' word steeds verbied.

Drankverkope is nou ingevolge die instelling se dranklisensie-voorwaardes. 

"Maar alkohol mag nie na 23:00 verkoop word nie," aldus Ramaphosa.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters