Verlede maand
Virus survivor sê ons hoe dit is
VAT MY RAAD: John Witbooi deel sy storie oor Covid-19.  ~ Foto Verskaf

“DIE virus is real. Ek is die lewendige bewys daarvan en dis hoekom ek vra dat mense binne bly en agter hulself kyk.”

In byna ’n smeekstem het John Witbooi (36) mense gevra om nie meer jokes en games oor die corona-virus te maak nie.

Witbooi was self ’n corona-virus-pasiënt wat van die virus herstel het.

Hy wil graag sy storie met almal deel sodat hulle bewus kan wees van die ernstigheid van hierdie dodelike virus.

Witbooi van Mitchells Plain sê dit maak hom hartseer om te sien dat mense steeds nie hieroor serious is nie.

Hy vertel hy het nie eens geweet hy het die virus nie.

“Vir byna sewe dae het ek met die virus gelewe en gedog dis net my sinus of flu.

Positief

“Ek het baie, baie erg hoofpyn gekry wat ek nie eens kan beskryf nie, en het net baie siek gevoel. Maar die gevoel het gekom en gegaan.”

Witbooi sê hy’t begin panic toe hy hoor iemand by sy werk is positief getoets.

“Daai naweek het ek nog lekker saam met vriende gebraai en die next dag werk toe gegaan.

“Die Maandag kon ek nie lekker asemhaal nie. Ek het baie warm gekry en die gevoel was baie overwhelming.”

Dis dieselfde dag dat Witbooi die SMS van sy werk ontvang het.

“Ek was bang. Ek het onmiddellik die nasionale nommer gebel. Hier het hulle my ’n klomp vrae gevra en my na die Groote Schuur Hospitaal verwys.

“Hulle het binne ’n dag my uitslae gekry nadat hulle swabs van my neus, keel en mond gevat het.

“Maar hulle was só behulpsaam. Elke dag wat verbygegaan het, is daar op my gecheck.

“Omdat ek nie so ernstig siek was nie, het ek net my pille gevat en seker gemaak dat ek binne bly en myself afgesonder.”

Vandag is dit die derde dag nadat Witbooi vir 14 dae in kwarantyn geplaas is.

“Ek wil net sê – as ek dit kon doen, kan julle ook.

“Vat my storie en gebruik dit, want nie almal raak super-siek nie.

“Teen die tyd wanneer ’n mens uitvind, is dit reeds te laat. Dis beslis baie belangrik om binne te bly.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters