2 maande gelede
Virus kan 'vinnig versprei in township'
Khayelitsha
Die eerste bevestigde geval van die corona-virus is in Khayelitsha is aangekondig.  ~ Jonathan Lestrade

DIE Khayelitsha-ontwikkelingsforum is platgeslaan oor die nuus dat 'n inwoner van die township positief getoets het vir Covid-19.

Khayelitsha, waar duisende gesinne baie na aan mekaar woon, is die eerste township in die land met die corona-virus.

Social distancing word verder bemoeilik deur die feit dat gemeenskaplike toilette tussen honderde inwoners gedeel moet word.

Ndithini Tyhido van die Khayelitsha-ontwikkelingsforum, sê die virus kan soos 'n veldbrand in die township versprei.

"Dié is steeds gemeenskappe wat van gemeenskaplike krane gebruik maak of jy nou ontsmet of nie. As jy na die kraan toe gaan, gaan jy steeds dieselfde situasie vind."

Tyhido sê die grootste probleem is dat die reëls van die lockdown nie gehoorsaam word nie.

"Ons is baie teleurgesteld en versoek die gemeenskapslede om asseblief tuis te bly," pleit Tyhido. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters