29 dae gelede
'Vermy superverspreider byeenkomste'
covid-19,wk,corona-virus
BEKOMMERNIS: "Vermy superverspreider events," maan dr. Keith Cloete, hoof van die Wes-Kaapse departement van gesondheid. FOTO: Peter Abrahams  ~ 

IN die eerste drie weke van Oktober was daar weer 'n toename in Covid-19 gevalle in die Wes-Kaap. Dit na die afname in infeksies tot einde September.

Sò het dr. Keith Cloete, hoof van die provinsiale gesondheidsdepartement, Donderdag tydens 'n digicon gesê.

Hy voeg by dat hierdie nuwe gevalle nie 'n tweede wave is nie, maar liewer 'n herlewing van die eerste wave.

"Die gemiddelde sewe dae tydperk toon 'n 11% toename in nuwe gevalle. Dit is 6% meer as einde September."

Cloete verduidelik: "Dit is moontlik kwesbare groepe wie nie positief getoets het toe die provinsie in Junie/Julie die peak van die eerste wave ervaar het nie.

Hy sê in die Tuinroete is daar weer 'n skerp toename, met nuwe gevalle in Thembalethu en George.

In Stellenbosch was daar 20 gevalle en in die Swartland word twee gebiede met vier gevalle elk gemonitor.

By die Otto du Plessis-hospitaal in die Overberg het 10 verpleegpersoneel, twee skoonmakers en 'n administratiewe personeellid positief getoets.

Daar was ook vier nuwe gevalle in Gansbaai en 'n toename in Theewaterskloof word gemonitor.

Gevalle het oor die afgelope drie weke slegs in spesifieke sub-distrikte toegeneem, met die suidelike en westelike voorstede van Kaapstad wat meestal verantwoordelik is vir 'n toename in nuwe gevalle.

Tydens die peak in die provinsie het die virus meestal in die ouderdomsgroep 30 tot 50 voorgekom, maar onlangse uitbreke in die suidelike en westelike streke van Kaapstad was in die ouderdomsgroepe 15 tot 29, met die meeste in die 15 tot 25 ouderdomsgroep.

Cloete sê: "Hierdie was meer in die 'gegoede' buurte."

Volgens sy verslag is private gyms en koshuisskole as moontlike areas van kommer uitgemerk.

Hy maan teen sportbyeenkomste en ander saamtrekke.

"Vermy superverspreider byeenkomste."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters