28 dae gelede
Vax-paspoorte dalk al in November hier
International certificate of vaccination 30° isom
SA is op die punt om entstofpaspoorte te kry.  ~ Getty Images

SUID-AFRIKA gaan binnekort entstofpaspoorte kry.

Wetenskaplike raadgewers van die regering het die groen lig gegee om toegang tot sommige Suid-Afrikaanse venues vanaf November te beperk tot mense wat ingeënt is.

Die nasionale minister van gesondheid, Joe Phaahla, is ’n voorstander van die idee en pres. Cyril Ramaphosa is blykbaar nou ook aan boord.

Dit lyk dus asof Suid-Afrikaners binnekort entstofpaspoorte sal hê en diegene wat hul jab gekry het, sal na plekke soos nagklubs kan gaan terwyl ander weggewys sal word as hulle nie ingeënt is nie.

Suid-Afrika sal ook nie die eerste wees nie. Verskeie ander lande het reeds sulke skemas opgestel. Die vlak en aard van die toepassing daarvan verskil egter hemelsbreed.

In die meeste lande wat soortgelyke stelsels ingestel het, word dit gebruik om plekke met baie mense te beskerm en die opname van inenting aan te moedig. – Business Insider 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters