12 dae gelede
Variant van Indië nog nie in Suid-Afrika
Covid-19-entstof
'n Persoon wat van Indië na Suid-Afrika gereis het, is positief getoets  ~ Foto Verskaf

SUID-AFRIKA het nie die B.1.617-variant van Covid-19 wat veral in Indië voorkom nie, het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, verseker. 

Mkhize sê daar is geen direkte vlugte vanaf Indië nie en streng protokols word by landsgrense gevolg.

Sy versekering kom ná berigte dat 'n persoon, wat onlangs vanaf Indië na Suid-Afrika gereis het, positief vir die corona-virus getoets het.

News24 berig dat toetse gedoen word om te bevestig of die persoon met die nuwe virusvariant, wat in Indië die rondte doen, besmet is.

Dr. Caroline Maslo, senior kliniese raadgewer en hoof van infeksiebeheer by Netcare, het aan News24 bevestig dat die pasiënt in afsondering in 'n hospitaal in KwaZulu-Natal is.

"Ons bly waaksaam en volg streng gesondheid- en-veiligheidsmaatreëls," sê Maslo.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters