2 maande gelede
Tweede persoon sterf weens Covid-19
Corona Virus
Corona Virus  ~ 

DIE tweede sterfte van 'n pasiënt wie positief getoets het vir Covid-19 is Sondagaand aangekondig.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het die nuus bekend gemaak toe hy ook aankondig die land se aantal positief bevestigde gevalle het met 93 gestyg.

Mkhize sê: "Die 74-jarige man was in 'n privaat hospitaal in die ICU en ventilation in Ladysmith.

"Hy het van die Kruger Nasionale Park met sy familie gereis toe hy die simptome ontwikkel het en het op 27 Maart positief getoets."

Mkhize voeg by dat die oorlede pasiënt ook 'n onderliggende velkanker-toestand gehad het, wat alreeds gekompliseerd was.

Die oorledene se familie, 14 gesondheidsorgwerkers wat drie spesialisdokters insluit, wie met hom in kontak was, is almal onder kwarantyn en word gemonitor.

Suid-Afrika het 1280 positief bevestigde gevalle om 20:00 op Sondag 29 Maart 2020 gehad. 

Positiewe gevalle per provinsie: Sondag 29 Maart
  • Gauteng: 584
  • Wes-Kaap: 310
  • KwaZulu-Natal: 167
  • Vrystaat: 72
  • Limpopo: 12
  • Oos-Kaap: 12
  • Mpumalanga: 11
  • Noordwes: 6
  • Noord-Kaap: 6
  • Onbekend: 100
 
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters