Verlede maand
Twee dokters toets positief
Twee dokters het positief getoets vir die corona-virus.  ~ istockphoto

TWEE dokters van die Mmametlhake-hospitaal in Mpumalanga het positief getoets vir Covid-19.

Sasekani Manzini, LUR vir gesondheid in die provinsie, sê die eerste dokter is by 'n privaat laboratorium in Modimolle getoets nadat sy simptome begin ervaar het.

Die dokter het in Februarie vanaf Kaapstad na Johannesburg gereis.

Die tweede dokter, wat verblyf met die ander dokter deel, het ook positief getoets en is gevra om in self-afsondering te gaan.

Manzini sê die departement is besig om 'n lys te maak van almal wat moontlik in aanraking met die dokters was. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters