Verlede maand
Tuinroete se mense moet nie kanse vat
Coronavirus. COVID-19. 3D Render
Inwoners en besoekers aan die Tuinroete-distrik word gevra om gehoor te gee aan die gesondheidsprotokolle vir Covid-19.  ~ Getty Images

INWONERS en besoekers aan die Tuinroete-distrik word gevra om gehoor te gee aan die gesondheidsprotokolle vir Covid-19.

Luidens ’n verklaring van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement het die gevalle nie soos voorheen ontplof nie, maar die getalle het nietemin vermeerder.

Alles moontlik moet dus in dié tydperk gedoen word om lewens te red.

Luidens die verklaring was daar teen Donderdagoggend 4 952 aktiewe gevalle in die Tuinroete-distrik. Dit is 160 meer as die 4 792 gevalle van die vorige week.

Teen Donderdagmiddag 13:00 het aktiewe getalle so gelyk: Bitou 137, Kannaland 129, George 2 335, Knysna 502, Mosselbaai 1 258, Hessequa 383 en Oudtshoorn 376.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters