Verlede maand
Trauma se syfers is stabiel
Dr. Keith Cloete  ~ Anele Mfazwe

TRAUMAGEVALLE wat met alkoholmisbruik verbind word, het die afgelope week stabiel gebly.

Dr. Keith Cloete, ­provin­siale ­gesondheidshoof, het dít gister in die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, se digitale pers­konferensie bekend gemaak.­

Cloete sê die trauma­gevalle in die provinsie bly grootliks onveranderd ­sedert die Paasnaweek, waartydens alkohol­­ver­kope ingeperk was.

Tog blyk dit nou dat die gevalle gestabiliseer het ­sedert alkoholverkope weer aangaan.

Verwag

Hy sê: “Traumagevalle is die afgelope week min of meer dieselfde as die ­vorige paar weke.

“Ons is in die middel van April. Ons het laas maand gesien dat die naweek in die middel van die maand in die algemeen nie hoë gevalle syfers het nie, veral in vergelyking met gevalle wat met die einde van die maand se naweke gepaard gaan.

“Laas naweek was die naweek in die middel van die maand.

“Dit was die naweek ná die Paas­naweek en ons het eintlik minder ­gevalle gehad­ as wat ons verwag het.

“Dit was die normale soort alkoholverwante traumagevalle wat ons ­fasiliteite moes hanteer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters