2 maande gelede
Toeris op wynplaas positive, gemonitor
VERBOD: Talle lande het stappe soos travel bans ingestel om die corona-virus te keer.  ~ cnn.com

ROBERTSON. – Die eerste bevestigde geval van Covid-19 is hier aangemeld.

Saterdag het die nuus soos ’n groot veldbrand deur die vallei versprei.

Die nasionale gesondheidsdepartement het dit in ’n verklaring bevestig.

In ’n amptelike Facebook-verklaring deur die dokters wat die pasiënt ondersoek het, is dit ook bevestig.

’n Plaaslike raadslid, Samuel du Plessis, het ook aan Son bevestig dat die betrokke pasiënt positief getoets is.

Wynplaas

Volgens Du Plessis is die pasiënt onmiddellik in isolasie geplaas en word 24 uur per dag gemonitor.

Son verneem by ’n dokter dat die persoon nie van Suid-Afrika is nie.

Dr. Dawid Perold sê tien toeriste was vanaf Oudtshoorn in die rigting van Robertson onderweg toe hulle ’n wynplaas buite die dorp besoek het.

Perold sê die res van die groep is op dieselfde plaas in isolasie geplaas.

Dit het die afgelope naweek vreeslik op Facebook gegons dat daar twee mense is wat positief getoets is.

Mense bespiegel dat nog iemand in Montagu ook die virus opgedoen het.

Ander sê dat dit net fake nuus is. Son het mense wat in ’n lang tou by ’n winkelsentrum gestaan het, gevra hoe hulle oor die nuus voel.

“ ’n Mens moet dit nie ligtelik opneem nie, want die virus versprei baie vinnig,” sê Sandra Klop.

’n Couple wat gemasker in die ry gestaan het, meen dit kan moontlik fake nuus wees.

“Mense moet nou in hulle pasoppens wees,” sê die couple.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters