25 dae gelede
Toename in ongelukke en gesinsgeweld in Durban
wyn
Sedert die ban op drank gelig was is daar 'n toename in ongelukke en gesinsgeweld in Durban.  ~ Getty Images

ONGELUKKE en trauma-verwante voorvalle in Durban het sedrt die drankverbod Maandag gelig is die hoogte ingeskiet.

TimesLive berig dat daar word ook meer huispaarties gehou. Dit ten spyte van die ban op sosiale byeenkomste, as deel van die vlak-3 Covid-regulasies.

Superintendent Parboo Sewpersad, 'n woordvoerder vir eThekwini-metropolisie, sê baie meer ongelukke, huishoudelike geweld en klagtes van huispaarties is in die laaste paar dae aangemeld. Dit in vergelyking met die vorige weke, toe daar 'n ban op alkohol was.

Tans het KwaZulu-Natal, met 40 000, die meeste aktiewe Covid-19 gevalle in die land. – TimesLive 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters