18 dae gelede
Talle groet Popcru-hoë
HARTSEER: Familie en vriende rou oor die dood van die Wes-Kaapse Popcru-sekretaris, Mncedisi Mbolekwa, in Montana.  ~ Melinda Stuuran

“ONS skuld hom ’n sterk Popcru.”

Dís die boodskap wat die Wes-Kaapse voorsitter van die Police and Prisons Civil Rights Union (Popcru), Conwe Flink, gister in Montana op die roudiens van die unie se provinsiale sekretaris, Mncedisi Mbolekwa, gegee het.

Son het laas week berig oor Mbolekwa, wat 29 jaar in die polisiediens was. Hy is laas Woensdag dood nadat hy Covid-19 opgedoen het.

Mbolekwa se kollegas van die SAPD, verkeers- en korrektiewe dienste sowel as familie en vriende het die roudiens bygewoon wat by sy huis gehou is.

Dreig

Flink sê: “Hy was ons enjin. Hy was ons glue in die provinsie. Ek het baie by hom geleer. Hy was meer as net ’n leier. Hy was ook ’n vader wat advies gegee het. Ons skuld hom ’n sterk Popcru.”

Flink dreig as polisiebestuur voortgaan om cops te dwing om sonder PPE te werk, gaan Popcru die SAPD-bestuur hof toe sleep. Die Wes-Kaapse SAKP-sekretaris, Benson Ngqentsu, sê: “Ter nagedagtenis aan Mbolekwa, as ’n polisiestasie geen PPE het nie, moenie by die werk aanmeld nie.

“Mbolekwa het geveg teen polisiebrutaliteit. Hy het ook geveg teen aanvalle op die polisie. Ons moet hierdie twee balanseer namens hom.”

SAAM IN ROU: Sowat 100 mense het die diens in Montana bygewoon. Foto: Melinda Stuurman

Die Wes-Kaapse Cosatu-sekretaris, Melvin de Bruyn, sê hy het Dinsdag 14 Julie laas met Mbolekwa gepraat. “Die laaste keer dat ek hom gesien het, toe sê hy vir my hy het verkoue. Hy het nog gesê hy was by die dokter en voel nie lekker nie.

“Ons moet net voortgaan om die battle te fight wat hy geveg het,” sê de Bruyn.

Paul Bester, Wes-Kaapse Cosatu-organiseerder, sê: “Ek was 13 jaar ’n voltydse shop steward.

“Hy was ’n mens-mens. Iemand wat nie korrupsie en geen vorm van onreëlmatigheid geduld het nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters