17 dae gelede
Taiwan help Wes-Kaap om virus te bestry
Helpende hand: Dr. Nomafrench Mbombo neem die skenkings in ontvangs. Foto: Melinda Stuurman  ~ 

TAIWAN wil die Wes-Kaapse regering help om die corona-virus te bekamp.

Die regering van Taiwan het Vrydag maskers en beskermende klere aan die provinsiale gesondheids­departement geskenk.

Volgens Douglas Chang, ’n woordvoerder van die Taiwanse regering in die Kaap, bestaan die donasie uit 50 000 chirurgiese maskers, 10 000 N95-maskers, 12 000 beskermense gowns en 3 000 ander beskermende kledingstukke.

Die direkteur-generaal van die Taiwanse regering in die Kaap, David Yintso Lin, meen Taiwan kan Suid-Afrika baie leer oor die virus.

Volgens hom het Taiwan gou opgetree en sy grense gesluit om die verspreiding van die virus daar te bekamp.

“As gevolg daarvan het ons tot dusver net 458 gevalle,” voeg hy by.

Bedank

“Ons harte gaan uit aan die mense wat in Suid-Afrika hul lewens weens die corona-virus verloor het.”

Die Wes-Kaapse minister van gesondheid, dr. Noma­french Mbombo, sê die nuwe PPE sal die gesondheidswerkers meer confidence gee wanneer hulle hul werk doen tydens die huidige corona­virus-pandemie.

Volgens haar is dit baie belangrik vir gesondheidswerkers om nie hul werk skrikkerig te doen nie.

Mbombo sê uit die 103 gesondheidswerkers wat weens die corona-virus gesterf het, is 35 van die Wes-Kaap.

Die Wes-Kaapse minister van landbou, Ivan Meyer, het die Taiwanse regering bedank vir die donasie.

Hy noem dat die regering ook van plan is om Gauteng en die Oos-Kaap met skenkings te help.

“Dit gaan nie net oor die Wes-Kaap nie.

“Dit gaan oor almal wat safe moet wees in die hele land,” sê Meyer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters