2 maande gelede
Sydney verskerp hul lockdown
Coronavirus. COVID-19. 3D Render
Sydney verskerp die lockdown namate die uitbreek van Delta-variant toeneem.  ~ 

LOCKDOWN regulasies in Australië se grootste stad is Vrydag verskerp nadat nuwe Covid-19-infeksies 'n nuwe rekord bereik het.

Die owerhede waarsku dat die uitbreek van die Delta-variant in die stad buite beheer raak.

Gladys Berejiklian, premier van Sydney, maan inwoners: "Moenie julle huise verlaat, tensy jy absoluut moet nie."

Die waarskuwing aan die sowat vyf miljoen inwoners van die stad kom nadat Sydney binne 24uur 44 nuwe gevalle aangeteken het.

Sydney is nou in die derde week van lockdown, maar plaas steeds nuwe infeksies onder ’n bevolking wat grootendeels nie ingeënt is nie.

Berejiklian het die inwoners van Nieu-Suid-Wallis ook probeer skok om aan die regulasies te voldoen, deur hulle te waarsku dat hulle die grootste bedreiging vir hul veiligheid in die gesig staar. Dit na bewering oor 'n gebrek om die reël om by die huis te bly te gehoorsaam.

Sedert middel Junie het Sydney 439 nuwe infeksies aangeteken.

Die syfer is laer in vergelyking met die meeste ander stede in die wêreld. Australië het egter tot nou die verspreiding van gemeenskapsoordrag verhoed, met slegs 9% van die bevolking wat ingeënt is.

"Ons het nie die luuksheid om met die virus te leef, en moet gedragsveranderinge toepas om duisende sterftes te verhoed," aldus Berejiklian.

"Wat ons nodig het is dat almal die reëls gehoorsaam."- JacarandaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters