19 dae gelede
Strenger maatreëls dalk vir Paasnaweek
Cape Town - 20200601 - South African Minister of H
Dr Zweli Mkhize, minister van gesondheid.  ~ Jeffrey Abrahams

STRENG maatreëls gaan oor Paasnaweek geneem word om superverspreidergeleenthede te voorkom, het die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, in 'n onderhoud met die SABC gesê.

Dit kom nadat kenners gesê het 'n strenger inperking is nodig vir die Paasnaweek om 'n derde vlaag te voorkom. Dit word tans deur regeringsleiers bespreek.

Intussen het aartsbiksop Daniel Mathe van die St. Johns Apostolic Faith Mission Church gesê daar is besluit om die kerkdiens op Goeie Vrydag te kanselleer.

"Wat ons sê, is dat ons nie Paasfees weens die siekte kan hou nie. Dit maak dood. Dit is gevaarlik. Dit is hoekom ons die Goeie Vrydag-diens gekanselleer het en net die Sondag-gebed gaan het," het Mathe gesê.

Meer as 1,5 miljoen mense het al sover die corona-virus opgedoen met meer as 52 000 wat daaraan dood is. Daar word voorspel dat 'n derde vlaag kan uitbreek as strenger maatreëls nie tydens Paasfees geïmplementeer word nie. - SABC News


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters