26 dae gelede
Stokou rate dalk bes
RIGTINGWYSER: Wanneer die maan op sy helderste skyn, wys dit Khoi-leiers waar om vir kruie te gaan soek.  ~ Theo Jeptha

ORAL oor die wêreld heen is daar tans ’n koorsagtige geskarrel om ’n entstof vir die gevreesde Covid-19 te kry.

Elke dag word ons egter daaraan herinner dat dit ’n proses is hierdie wat hom nie sommer net oornag sal afspeel nie. ’n Cure lê ongelukkig nie om die draai vir ons en loer nie.

Die Eerste Nasie van Suid-Afrika, die Khoi, laat nie op hom wag nie. Op ’n onlangse volmaan-aand het ’n groep mense die bosse ingevaar en gaan soek na die kruie wat hul voorvaders al honderde jare ingespan het om kwale te genees.

Ons sal maar moet wag en sien of die antwoord op die ganse wêreld se Covid-19-vrae inderdaad in ons ryke verskeidenheid en erfenis van kruie lê.

Theo Jeptha, Son se award-winning fotograaf, het die interessante tog die bosse in op kamera vasgelê.

SKATKIS: Chief Marcello Floris (voor) en chief Kora Hennings wys die wonderlike kruie wat naby Gamtoosriviermond in die Oos-Kaap gekry kan word. Foto: Theo Jeptha
WEN VELD: Chief Kora Hennings spog onlangs naby Van Stadensbrug met van die Oos-Kaap se kruie. In dié provinsie is kruie opnuut ’n gunsteling onder inwoners wat Covid-19 probeer uitoorlê. Foto: Theo Jeptha

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters