9 dae gelede
Sterftes weens Covid-19 daal skerp
Joe Phaahla, minister van gesondheid.  ~ Gallo Images

MINDER as 20% van mense wat landswyd weens Covid-19 in hospitale opgeneem is, is daarteen ingeënt.

Dit sluit mense in wat slegs een dosis van die Pfizer-entstof ontvang het,  het Nicholas Crisp, waarnemende direkteur-generaal van die departement van gesondheid, Vrydag gesê. 

Crisp sê die konsekwente patroon is dat die entstof wel beskerm teen ernstige siektes en hospitalisasies. Meer navorsing is egter nodig oor ingeënte persone wat in die hospitaal opgeindig. Daar moet veral gekyk word na die tyd tussen wanneer 'n persoon die jab kry en wanneer hy in die hospitaal opgeneem word.

Crisp sê daar is vandeesweek na veral hospitale in Limpopo gekyk en by een van die hospitale was daar geen ingeënte persone met Covid-19 opgeneem nie.

Dr. Keith Cloete, departementshoof van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, het ook Donderdag bekendgemaak dat uit die amper 800 mense van ouer as 50 jaar wat tussen 14 en 20 Augustus weens Covid-19 gesterf het, was net 1 van hulle ten volle ingeënt.

Volgens Joe Phaahla, minister van gesondheid, is daar tans meer as 5 000 mense weens die corona-virus in Suid-Afrikaanse hospitale. Altesaam 885 van hulle is in ICU en 465 op ventitlators.

Hy was bly om bekend te maak daar was 'n 51% afname die afgelope sewe dae in aangemelde sterftees.

Die departement van gesondheid het intussen amptelik die entstofsertifikate bekendgestel. Suid-Afrika is ook van Brittanje se rooilys verwyder.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters