Verlede maand
Stellenbosch pak Covid-stryd goed
DOEN GOED: ’n Verpleegster verlaat die tydelike hospitaal.  ~ Melinda Stuurman

STELLENBOSCH doen bo verwagting goed in sy stryd teen die corona-virus.

Dís die mening van die Wes-Kaapse minister van gesondheid, dr. Noma­french Mbombo, wat gister die dorp besoek het.

Mbombo het die opening van ’n tydelike hospitaal vir Covid-19-pasiënte by die provinsiale hospitaal in Stellenbosch bygewoon.

Volgens haar is Stellenbosch een van die areas waar die departement van gesondheid talle infeksies verwag het.

Dit is weens die feit dat dit een van die areas was met die eerste aangemelde infeksies in die Kaapse metro.

Dít het gebeur omdat mense die virus van oorsee af gebring het.

Genoeg

Mbombo meen egter die Stellenbosch-distrik, wat Franschhoek en Klapmuts insluit, is besig om die stryd teen die corona-virus te wen.

Die provinsiale hospitaal in Stellenbosch het tans 25 beddens vir Covid-19-pasiente beskikbaar.

“In die Wes-Kaap het ons genoeg PPE om ons op die duur deur te dra,” voeg Mbombo by.

Mbombo het gister ook rondgeloop in Kayamandi, waar sy maskers onder inwoners uitgedeel het.

Kayamandi is een van die hotspots in die Stellenbosch-distrik saam met die nabygeleë Cloetesville.

Daar is 1 800 bevestigde Covid-19-gevalle in die distrik met ’n recovery rate van sowat 80%.

Daar is egter niemand wat weens Covid-19 in die ICU beland nie.

Die minister sê net soos in die res van die provinsie, hou hulle diabetiese pasiënte fyn dop as dié mense positief getoets word vir die corona-virus.

BESOEK: Dr. Nomafrench Mbombo oorhandig maskers aan inwoners in Kayamandi, Stellenbosch. Foto: Melinda Stuurman

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters