7 dae gelede
Stasie bly oop, al is een positief
COP SHOP: Die stasie op die heuwel in Muizenberg bly oop vir business.  ~ Melinda Stuurman

MUIZENBERG se polisiestasie bly oop ondanks ’n Covid-19-geval by dié cop shop.

Dis die nuutste polisiestasie in die Kaap waarby daar ’n corona-virus-geval aangemeld is.

Die cop shop se deure het egter oop gebly en dienste gaan aan soos gewoonlik.

Volgens ’n polisiebron is daar ’n geval van ’n personeellid wat die afgelope naweek positief vir die virus getoets is.

Dit kom nadat die polisiestasie vroeër in die maand moes sluit vir ontsmetting nadat ’n Covid-19-positiewe verdagte by die polisiestasie aangehou is.

Die cop shop is toe vir ’n paar dae gesluit. Dit het op 10 Mei heropen.

Bevestig

Die stasiebevelvoerder, kol. Vassie Naidoo­, het destyds gesê as ’n voorsorgmaatreël het die polisiebeamptes wat met die suspect in kontak gekom het, hulself afgesonder.

Die bron vertel: “Die stasiebevelvoerder wil nie nou die polisiestasie sluit nie, selfs noudat een van die personeellede positief getoets is vir die virus nie.”

Die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, brig. Novela Potelwa, bevestig ’n Covid-19- geval is by die Muizenberg-polisiestasie aangemeld.

Volgens haar is alle “behoorlike prosesse in ooreenstemming met die regulasies gevolg in verband met dié geval.

“Die omstandighede rondom die geval het bepaal hoe dit gehanteer word,” sê sy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters